Biographical info in English:
http://www.nb.co.za/Authors/226
Herman Toerien skryf (Sonskynskrywer PH Nortjé sterf, Maroela, 7 Julie 2012):
Lus vir net ‘n bietjie ontspan na ‘n dag van die gewone bedrukkende dinge? Geen probleem nie. Gaan haal net een van PH Nortjé se bundels sketsverhale uit die boekrak, sit agteroor, en verhuis na ‘n wêreld so eie aan die Afrikaner waar die son byna altyd skyn. Ontspan in ‘n wêreld van humor, maar waar humor nooit vervlak nie.
Maar nou is sy pen finaal stil na hy op 91-jarige ouderdom in ‘n aftree-oord in die Strand oorlede is. PH Nortjé sal veral as humorskrywer onthou word, maar sy oeuvre is baie, baie wyer. Die rou aardsheid van sy grootwordwêreld in die Baviaanskloof waar hy op 20 Oktober 1920 in sy ouers se hoofslaapkamer gebore is, tot jeugverhale, tot die sonskynboeke oor sy geliefde Wellington, wat om sy gesin, sy bure en oupa Grootbul van Bonnievale geweef is.
Aan die sonkant, Nuut onder die son, Operasie sonskyn en ander leesavonture, en Op die sonpad tel onder die bekende boeke wat PH Nortjé ‘n bekende naam onder Afrikaanse lesers gemaak het.
Volledige artikel: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sonskynskrywer-ph-nortje-sterf/

No comments:
Post a Comment